XENOPHOBIA OP MY DOORSTEP…
So baie maal kyk mens, maar SIEN nie….
Waar ek bly is ek so half ‘omring’ deur ‘squatter kampe’, Diepsloot en Kaia Sands is nie te ver nie… maar mens is mos veilig…. Mens dink nie!
Gister kom my favourite ‘boy’ op die plaas vertel sy pa is oorlede… ek simpatiseer, en doen al die regte dinge, maar nog steeds DINK ek nie….. Ek sien hulle oë is groot, en ek wonder… maar wonder nie goed genoeg nie!!!
Joshua is soos ‘n ‘extention’ van my arms… ek dink nog ek plant ‘n plantjie, dan’s die plantjie geplant, net waar ek dit wou gehad het…. Kom ek laat by die huis en die hek gee probleme, word ek ge-escort tot IN my huis…. Hy check even of dit veilig is…. Ek het nie nodig om ‘n ding te doen nie, Joshua weet, en Joshua doen!
En, mens dink jy’s weggesteek tussen ander mense, ander plotte en plase…. Maar ek vergeet meeste van die mense wat werk in die area, is nie ‘locals’ nie, en die perde-mense is meesal Malawiers! (Totaal anderster temperament, totaal anders as ‘ons’ swartmense….. Daar’s nie stop nie! Daar’s nie lui nie! Daar’s lojaliteit, en daar’s ‘n totale ‘andersheid’ wat mens nie so maklik kan verklaar nie!)
Ek ‘voel’ die afgelope tyd Joshua is nie Joshua nie, Joshua is anders… maar steeds DINK ek nie, ek kyk, maar sien nie! Tipies….
Gisteraand bel my landlady…. As ek enige iets buiten die normale by die ‘staff’ hoor, moet ek dadelik ‘panic button’ druk! Maar ek dink steeds nie! Ek dog maybe is daar ‘n drinkery (die Malawiers ‘vier’ die dood van iemand deur te ‘party’), of dalk bure se mense wat ‘n probleem met ‘ons’ mense het!
Lynn sê toe sy moet Elliot, en die 2 vrouens ook huistoe stuur… en weer ‘kop’ ek nie! En toe besef ek! Hulle is ‘foreigners’! Met legal papiere en al die nodige dinge, maar steeds is hulle ‘foreigners’! Ek het die paniek en bang op hulle gesigte gesien, maar ek het nie verstaan nie…. Ek het die vrees gevoel, maar ek’s mos ‘beskermde’ wild… so…. En blykbaar kry ongelooflik baie van die ‘buitelanders’ die ‘iemand is dood’ info, hulle pak op, klim ‘n bus, en net voor die grensposte word hulle aangerand, beroof, en teruggestuur….
Die polisie reken hulle moet (vir hulle eie veiligheid) terug waar hulle vandaan kom…. Dalk omdat dit hulle werkslas minder gaan maak? Beslis nie omdat hulle omgee nie!!!
Is interessant om te luister hoeveel van die mense, die ‘foreigners’ byvoorbeeld ‘n winkeltjie het, of probeer om erens ‘n besigheid te bedryf…. Hulle PROBEER at least…. En hoekom is daar soveel Indier-besighede in die townships, en nie ‘swart’ besighede nie? En nee, die ‘geld om besigheid te begin’ argument hou lankal nie meer water nie…..
Dan’s daar die wat reken is ‘n groep mense aangestel deur iemand hoog in die ‘government’…. Daar’s die wat reken Zuma se uitlatings oor Zimbabwiers in ons land het dit veroorsaak…. Daar’s die wat reken dis nie xenophobia nie… daar’s dom damn teefsel Winnie wat reken dit gaan eintlik oor ‘poor service delivery’…..
Maar ongeag wat dit veroorsaak het, dis steeds sinneloos…. Daar’s sekerlik ander maniere om die probleem aan te spreek? Of dalk net stel niemand belang nie!!!
Ek het gisteraand heel rusteloos geslaap… beskerm deur diewering, geelektrifiseerde heinings en ‘n 9mm… warm in ‘n bed met genoeg komberse, en al die nodige dinge…. Maar tog was ek rusteloos, want daar’s mense naby my, wat ek glo my sal beskerm, indien nodig…. En ek kan basies NIKS aan sy lot doen nie…. Maar ek gaan wel probeer om te help om hulle veilig uit die land te kry…. Al is dit ook net tot in Botswana….
